|
Boere Krygsgevangenes |
www.boerafrikana.com: Tuisblad > |
| Krygsgevangenes oorsee gestuurOf the 28,000 Boer men captured as prisoners of war, 25,630 were sent overseas.Die eerste noemenswaardige groep Boere krygsgevangenes wat deur die Engelse gevange geneem is, was dié wat tydens die Slag van Elandslaagte op Oktober 21 1899 gevang is. Ter aanvang is die meeste op skepe gesit, maar, soos getalle gegroei het, het Brittanje besluit om hulle nie plaaslik gevange te hou nie. Die gevangeneming van 400 krygsgevangenes in Februarie 1900 was ʼn belangrike gebeurtenis, daarin dat Brittanje besef het dat hulle nie alle krygsgevangenes in Suid-Afrika kan akkommodeer nie.Die Engelse het gevrees dat hulle deur simpatiekgesinde plaaslike inwoners bevry kon word. Hulle het dit reeds moeilik gevind om aan hulle eie troepe se behoeftes te voorsien, en wou nie die ekstra las dra deur addisionele voorrade vir die krygsgevangenes te stuur nie. Brittanje het dus besluit om hulle oorsee te stuur. Die eerste oorsese kampe anders as op Afrika-bodem is geopen op Saint Helena, wat uiteindelik byna 5000 krygsgevangenes ontvang het. Ongeveer 5000 krygsgevangenes is na Ceylon gestuur. Ander is na Bermuda en Indië gestuur. Geen bewys bestaan dat Boere-krygsgevangenes na die Gemenebes van die Britse Ryk soos Australië, Kanada of Nieu-Seeland gestuur is nie. Die einde van die oorlogTeen die begin van 1902 het die Boeremagte gekrimp tot 10 000 Transvalers, 6 000 Vrystaters en 3 000 Kaapse rebelle. In Suidoos-Transvaal het 'n Zoeloemag 'n Boerelaer aangegeval en 56 burgers doodgemaak. Die militere vooruitsigte vir die Boere het al hoe swakker geraak. In Mei 1902 het sestig Boereleiers met Britse verlof by Vereeniging vergader om oor vrede te besluit. Die Vrystaters was nog steeds gekant teen vrede sluit, maar die swak gesondheid van Steyn het hul saak baie verswak. Die vredesvoorwaardes het ingesluit dat die Boere die Britse monarg erken as wettige heerser, Boere kon hul besittings, insluitend gewere vir verdediging, behou en Nederlands sou in die skole van Transvaal en die Vrystaat as vak onderrig word mits die ouers dit verlang. Op 31 Mei het die vergadering met 54 stemme teen 6 besluit om hierdie voorwaardes te aanvaar.
verdere inligting: http://public.fotki.com/SAgenealogie/abo/abo_verskeie_fotos/ http://public.fotki.com/SAgenealogie/bloedrivier/
| ||||||||||||||||||